NewsNews

Nigeriërs woedend oor landgenoot se dood in Eleazerstraat

Tientalle Nigeriërs het vanoggend woedend gereageer nadat een van hulle landgenote na bewering deur die polisie aangerand en later oorlede is.

Tientalle Nigeriërs het vanoggend (13 September) woedend gereageer nadat een van hulle landgenote na bewering deur die polisie aangerand en later oorlede is.

Die beweerde aanranding het omstreeks 02:30 in Eleazerstraat plaasgevind. Volgens getuies het ʼn groep polisiemanne die man aangerand terwyl hy geboei was. Hulle het hom glo toe  op die toneel gelos waar hy oorlede is. Die oorledene se vriende het hom gesoek en uiteindelik in Eleazerstraat gevind.

Met die Herald se aankoms op die toneel in Eleazerstraat omstreeks 08:00 vanoggend was daar ‘n tiental groep Nigeriërs.  Hulle was woedend vir die polisie. Nadat die polisie later die groep op die toneel kon kalmeer is hulle na die Wandellaan waar hulle asblikke omgegooi het. Die polisie het vinnig reageer om die situasie onder beheer te kry. Hulle was genoodsaak om skokgranate te ontplooi om die groep te versprei. Die taktiese reaksie-span van die polisie is ontplooi en die groep Nigeriërs is in hegtenis geneem.

Hulle asblikke in die Wandellaan omgekeer in protes.
Hulle asblikke in die Wandellaan omgekeer in protes.FOTO: Dustin Wetdewich

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, gaan die die Onafhanklike Polisie-ondersoek Direktoraat die saak ondersoek. Hy het aangedui dat die beamptes wat op diens was besig was om ondervra te word. Chaka het aangedui dat die bevelstruktuur van die provinsie later vandag ʼn verklaring sal uitreik.

Die situasie is vir tyd en wyl ontlont en al die paaie is oop.  Lees vandeesweek meer in die Herald.

 

https://www.youtube.com/watch?v=r4PNK2HqOZM&feature=youtu.be

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button