NewsNews

Agri Potch ontvang skenkings

Op 30 Augustus het Agri Potchefstroom hul laaste vrag mieliereste van die Koedoeskop se droogteprojek ontvang.

Op 30 Augustus het Agri Potchefstroom hul laaste vrag mieliereste van die Koedoeskop se droogteprojek ontvang.
Hierdie projek is op 14 Februarie geloods om boere in Suid-Afrika te help oorleef deur die droogte.
Die mieliereste is geskenk deur Koedoeskop se boere en gelaai op die plaas van Willie de Klerk.
Daar is tydens hierdie projek wat oor ses maande gestrek het, sowat 400 vragte en 16 000 ronde bale mieliereste na verskeie boere in die Noordwes provinsie vervoer.
Potchefstroom het drie van hierdie vragte ontvang.
Die projek is moontlik gemaak deur verskeie landbou-insette wat saamgewerk het en boere wat hul mieliereste geskenk het.

Die voer word van die trok af gelaai. Foto: Verskaf
Die voer word van die trok af gelaai. Foto: Verskaf
Die laaste vrag wat aan Agri Potch geskenk is. Foto: Verskaf
Die laaste vrag wat aan Agri Potch geskenk is. Foto: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button