NewsNews

Vrou in voertuig vasgekeer

'n Vrou was laat Maandagaand (15 Augustus) vasgekeer in haar voertuig nadat die voertuig op die Carletonvillepad gerol het.

‘n Vrou was laat Maandagaand (15 Augustus) vasgekeer in haar voertuig nadat die voertuig op die Carletonvillepad gerol het.

Volgens ʼn verklaring van Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, is die vrou gelukkig om ernstige beserings te vermy het. Sy het glo beheer verloor van die voertuig terwyl sy op die R501 in die rigting van Carletonville gereis het.

Met paramedici se aankoms het hulle die voertuig, wat op sy, sy langs die pad gelê het met die vrou binne gevind.

Die brandweer het die ‘jaws of life’ gebruik om die vrou te bevry. Paramedici het die vrou se toestand assesseer en bevind dat sy gelukkig net ligte beserings opgedoen het. Sy is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend maar die polisie en verkeer was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button