NewsNews

“Eleazerhuis” gaan uiteindelik waai

Die verlate huis in Eleazerstraat wat al ʼn geruime tyd in die nuus was, gaan uiteindelik afgebreek word.

Die verlate huis in Eleazerstraat wat al ʼn geruime tyd in die nuus was, gaan uiteindelik afgebreek word.

Die huis wat verlede jaar afgebrand het, word al lank  gebruik as ʼn heenkome vir hawelose mense.

“Daar is glo ’n vrou hier naby verkrag. Ons het mediese afval hier gekry wat ons later verbrand het, omdat die departement van gesondheid nie wou uitkom om dit te verwyder nie. Ons sien gereeld jong kinders wat daar in en uit beweeg,” vertel Annemarie Lensing, ’n trustee van Urban Living wat aan die erf grens.

Munisipale woordvoerder Willie Maphosa het bevestig dat die huis afgebreek gaan word.

“Ons departement van Infrastruktuur is besig om na kwotasies te kyk om die huis af te breek,” het Maphosa gesê.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button