NewsNews

PUK dosent vas oor dwelms

'n Dosent aan die NWU Potchefstroomkampus is onder drie verdagtes wat in hegtenis geneem is op 'n klag van die besit van onwettige dwelms.

‘n Dosent aan die NWU Potchefstroomkampus is onder drie verdagtes wat in hegtenis geneem is op ‘n klag van die besit van onwettige dwelms.

Die dosent by die Skool vir Opvoedingswetenskappe, mnr. Christo Els, is Dinsdag saam met Herman van Wyk en Sebastiaan Snyman in hegtenis geneem. Volgenskapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het hulle omstreeks 16:15 inligting ontvang dat daar vanaf ‘n huis in Barrishlaan dwelms verkoop word.

Die inligting is opgevolg en dagga en tik is op die perseel gevind. Snyman is daarna in hegtenis geneem. Meer inligting is bekom, wat later die dag gelei het tot die inegtenisname van Els en Van Wyk. Daar is ook dagga en tik in Els en Van Wyk se besit gevind.

Al drie verdagtes het Woensdag in die of verskyn. Snyman is op borgtog van R300 en Els en Van Wyk elk op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is tot 31 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Volgens Johan van Zyl, skakelbeampte van die NWU Potchefstroomkampus, is die polisie se ondersoek nog aan diegang en daarom kan die universiteit nie komentaar lewer tot die saak afgehandel is nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button