SportSport

Een stem hou Luiperds uit Premierliga

Slegs een stem het verhoed dat die Luiperds vanjaar saam met die groot kanonne gebulder het. Dit volg nadat ernstige geldnood van die OP Rugbyunie, so erg dat hulle likwidasie in die gesig staar, SARU gedwing het om unies te vra dat die Luiperds in hulle plek vanjaar sal speel. Dertien provinsiale rugbyunies het ’n …

Slegs een stem het verhoed dat die Luiperds vanjaar saam met die groot kanonne gebulder het.

Dit volg nadat ernstige geldnood van die OP Rugbyunie, so erg dat hulle likwidasie in die gesig staar, SARU gedwing het om unies te vra dat die Luiperds in hulle plek vanjaar sal speel.

Dertien provinsiale rugbyunies het ’n skrywe van SARU ontvang vir toestemming om die OP Kings af te skuif na die Eersteliga van die Curriebeker en dat die Luiperds, wat vierde onder die kwalifiseerders geëindig het, promosie kry na die Premierliga van die Curriebeker.

Die grondwet van SARU vereis dat so ‘n e-pos resolusie net met ‘n 100% stem geneem kan word.

Twaalf van die dertien unies was ten gunste van die voorstel en net een unie daarteen.  Die Herald het betroubaar verneem dat die Griffons, wat net een punt agter die Luiperds in die kwalifiserende liga geëindig het, dié unie was.

Dis dalk tog nog die einde van die pad nie.

Daar is aanduidings dat die likwidateurs van die OP rugbyunie dalk Donderdag kan besluit om die Unie van alle rugby te onttrek.

Adv. André May, President van die Luiperds, het gesê dat dit jammer is dat een stem die Luiperds weerhou het. “Ons moet nou daarop konsentreer om weer die Eersteliga te wen.”

Dié liga sal beslis word tussen die Luiperds, Griffons, SWD, Grens, Valke en die Welwhichias van Namibië.

In Superrugby het die Kings net twee van hulle 15 wedstryde gewen en in die kwalifiserende liga net twee van die 14.

Related Articles

Back to top button