NewsNews

Hoekom wag ons so lank by lisensiekantoor?

Almal in Potchefstroom ken die frustrasies wat met ‘n besoek aan die lisensiekantoor gepaard gaan. Deesdae is dit nie eers meer ongewoon om tot so lank as sewe ure daar te spandeer as jy jou bestuurslisensie wil hernu nie.

Almal in Potchefstroom ken die frustrasies wat met ‘n besoek aan die lisensiekantoor gepaard gaan.
Deesdae is dit nie eers meer ongewoon om tot so lank as sewe ure daar te spandeer as jy jou bestuurslisensie wil hernu nie.
Die Potchefstroom Facebook-groep het as deel van die samewerkingsooreenkoms met die Herald voorgestel dat die Herald inloer om te sien hoekom dinge so lank vat.
Verskeie joernaliste by die Herald het onlangs eerstehandse ervaring oor die tyd wat dit neem om ‘n bestuurslisensie te hernu. Dit het in al die gevalle langer as vyf ure geneem. Die mees opvallende aspek is dat dit geblyk het dat die beamptes wat die oogtoetse doen, ook moet optree as toetsgrond beamptes. Elke keer as dit tyd is dat iemand getoets moet word vir hulle motorlisensie dan is daar net een van die twee oogtoets masjiene beman. Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, is daar verskeie dinge wat ‘n impak op die bedryf van die toetsstasie tans het.
Eerstens het die munisipaliteit slegs twee oogtoets masjiene wat tans in werking is.
“’n Jaar gelede het ons aansoek gedoen vir vier masjiene maar hierdie proses is vertraag deur ‘n regsdispuut tussen die Departement van Vervoer en Tasima, die verskaffer van die masjiene,” het Maphosa gesê.
Die dispuut hou verband met die bestuur van die nasionale voertuig registerstelsel, die departement dring daarop aan dat die tender wat aan ‘n IT-maatskappy toegeken is nie behoorlik aan die verkrygingvereistes voldoen het nie. Die saak draai op die oomblik nog in die grondwetlike hof.
“Ook nadat die verkeersdepartement in Ventersdorp afgebrand is, is daar deur die departement van vervoer besluit dat ons lisensiekantoor ook Ventersdorp se mense moet bedien. Dit het die hoeveelheid kliënte baie meer gemaak,” het Maphosa gesê.
Dit blyk dat, ten minste tot die hofsaak tussen Tasima en die Departement van Vervoer afgehandel is, dat Potchefstromers steeds lank in rye gaan staan.

Related Articles

Back to top button