SportSport

Gimmies se o.17’s is kookwater by Coke Netbaltoernooi

Dit blyk dat daar geen keer aan Gimmies se 0.17 netbalmasjien is vanjaar nie. Dit nadat dié Noordweskampioenne nou teen ander sterk skole hulle staal gewys het en eerste plek in hulle ouderdomsgroep by die gesogte Coke Netbaltoernooi die afgelope naweek by Volkies se bane losgespeel het. Marianne Ray se netbalspan het sterk opposisie van …

Dit blyk dat daar geen keer aan Gimmies se 0.17 netbalmasjien is vanjaar nie. Dit nadat dié Noordweskampioenne nou teen ander sterk skole hulle staal gewys het en eerste plek in hulle ouderdomsgroep by die gesogte Coke Netbaltoernooi die afgelope naweek by Volkies se bane losgespeel het.

Marianne Ray se netbalspan het sterk opposisie van Affies, Waterkloof en Noordheuwel ontvang, maar sterk gestaan onder die druk en gewys watter soort kaliber span hulle werklik is. Leonie Maree was weer ‘n yster in verdediging en as hoofverdediger soos ‘n rots voor enige opposisie doelskieter gestaan. Jana Steinmann het vir die doele gesorg.  Gimmies eindig as skool ook algeheel vyfde.

Die Pretoriaanse skole het weer wel bewys dat hulle die netbalskole is om te klop nadat hulle die top vier algehele plekke opraap.

Irene Seymore se 0.19-span het die tuisvoordeel en ondersteuning tot hulle voordeel gebruik en derde algeheel in hulle ouderdomsgroepe geëindig wat ‘n besonderse prestasie is. Caitlinn Rousseau was in goeie vorm sowel as Larissa Gouws en Melissa Lotter op die verdediging.

Volkies eindig ook algeheel sesde.

Finale uitslae (Top 4 skole)

0.14 – Hoërskool Menlopark, HTS Middelburg, Affies, Hoërskool Waterkloof.

0.15 – Hoërskool Rustenburg, Affies, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Waterkloof

0.16 – Hoërskool Menlopark, Affies, Hoërskool Waterkloof, HTS Middelburg

0.17 – Potchefstroom Gimnasium, Affies, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Noordheuwel

0.19 – Affies, Hoërskool Menlopark, Hoër Volkskool Potchefstroom, Hoërskool Garsfontein

Kyk hier vir foto’s van die toernooi:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/19064/uitstekende-netbaltalent-by-20ste-coke-netbaltoernooi/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button