NewsNews

Vermiste Tiener in Steve Bikostraat gevind

Die tiener wat sedert 11 Julie vermis is, is vandag (18 Julie) omstreeks 11:00 gevind.

Die tiener wat sedert 11 Julie vermis is, is vandag (18 Julie) omstreeks 11:00 gevind.

Mooirivier Beskerming het die tiener in Steve Bikostraat gewaar naby een van die woonstelblokke waar hulle kringtelevisie kameras het. Hulle reaksie beampte is saam met die polisie na die toneel waar die tiener, Samantha Abigail de Jager,  gevind is.  Die vyftienjarige se ma het ook op die toneel gekom waarna sy saam met haar weg is.

Die tiener is ongedeerd terug in die sorg van haar ouers besorg.

Vorige artikel

Tiener al week lank vermis

Related Articles

Back to top button