LetterOpinions

Leser breek lansie vir lipstiffieskrywers

Retha van Wyk skryf: Na aanleiding van verlede week se Herald se voorbladfoto en –berig, ”Woede oor lipstiffie”, wil ek graag ‘n lansie breek vir alle “lipstiffieskrywers”, want hulle is in hierdie geval die mense wat omgee. Lipstiffieskrywers is die mense wat nie verbystap nie en omgee dat parkering vir gestremdes nie misbruik word nie. …

Retha van Wyk skryf:
Na aanleiding van verlede week se Herald se voorbladfoto en –berig, ”Woede oor lipstiffie”, wil ek graag ‘n lansie breek vir alle “lipstiffieskrywers”, want hulle is in hierdie geval die mense wat omgee.
Lipstiffieskrywers is die mense wat nie verbystap nie en omgee dat parkering vir gestremdes nie misbruik word nie. Teen die tyd dat jy ‘n lipstiffie (wat deesdae peperduur is) uitpluk is jy al so moedeloos om keer op keer op ‘n toegeparkeerde rolstoelparkering af te kom.
Wat vir my verstommend is, is dat persone wat wel onwettig op rolstoelparkering parkeer, met soveel selfvertoue uit hulle motors klim en wegstap sonder om ‘n oog te knip. Wanneer jy hulle daarop wys dat hulle onwettig parkeer, is hulle altyd aanvallend en aggressief.
Soos Wilmare se susters tereg te kenne gee – kan ‘n gestremde in ‘n rolstoel nie op ‘n gewone parkeerplek in en uit ‘n motor gehaal word nie – nie sonder om dalk die motor langsaan te beskadig nie, en dit verstaan ‘n persoon wat willens en wetens op ‘n rolstoelparkeerplek stop mos nou glad nie.
Dit is baie jammer dat hierdie situasie gebeur het en dat Wilmare deur die gebeure getraumatiseer is, maar ek hoop hulle voel vinnig beter daaroor.
Aan die ander kant: wetgewing bepaal tans dat daar ‘n duidelike skyfie op jou voertuig moet wees om dit te regverdig om die spesifieke parkeerplekke te mag gebruik. Baie dankie daarvoor en vir munisipaliteite en inkoopsentrums wat dit toepas en opvolg, maar duidelik los dit nie die probleem op nie.
Wilmare is nou 31 jaar oud en word vir baie jare reeds as gestremde met ‘n rolstoel in ‘n voertuig vervoer. Sy is deel van ‘n redelike groot familie en vriendekring. Ek is seker enigeen van hulle kon darem al iewers ‘n tydjie inruim om in die tou te gaan staan om die nodige skyfie te bekom. Indien wel, het al die genoemde boetes nie bestaan nie. Intussen, laai gerus vir Wilmare by die parapleegstaanplek af en verskuif jou voertuig na ‘n gewone parkeerplek – dus, baie ongerieflik, maar darem baie beter as om R600 boete te moet betaal.
Aan Rentia en Wilmare wil ek net sê: Die “lipstiffieskrywers” is die mense wat omgee en nie net wegkyk en verby stap om konfrontasies te vermy nie en wat julle regmatige parkeerplekke probeer beskerm. Aan al die “lipstiffieskrywers” wil ek net sê – lipstiffies is nou te duur – gebruik maar ‘n kasregister strokie en skryf ‘n nota vir die skuldige en sit dit in die ruitveër met jou telefoonnommer, dan kan jy ook mooi verduidelik waaroor dit gaan. Ek wil net byvoeg dat niemand my nog ooit teruggeskakel het nie.Vir Rentia se familie (Jolande) wat wil aandring op die kringtelevisie om hierdie lipstiffieskrywer op te spoor; doen gerus so, maar dink daaraan om vir hierdie persoon te sê: dankie dat jy omgee en nie net verbystap nie. Sy het nie geweet nie, want julle het nie ‘n skyfie gehad nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button