LetterOpinions

Kry disket of vat die klap soos ’n man

Ek reageer op die berig oor die dame met haar gestremde dogter wat ’n verkeersboete opgelê is.

Karen Mackay skryf:
Ek reageer op die berig oor die dame met haar gestremde dogter wat ’n verkeersboete opgelê is.
Hoekom het die dame so lank gewag om die nodige permit vir parkering te bekom? Sy kon al jare gelede die nodige disket by die plaaslike verkeersowerheid bekom het. Daar is ook geen nodigheid vir haar om haar dogter die trappe op te kry nie, daar is baie vriendelike verkeersbeamptes wat die dokumente vir haar by mnr. Grimbeek sou gaan haal en afgebring het.
Ek glo as die omstandighede oor die vervoer van die dogter verduidelik is, sou daar ook ‘n tweede disket uitgereik kon wees.
Quadpara SA reik ook ‘n disket uit wat nasionaal aanvaar word. Dit is ‘n blou disket wat aan ‘n naam en ID nommer gekoppel word.
Dit wil vir my voorkom of die dame en haar ander twee dogters nou ‘n heksejag wil uitvoer op die persoon wat hulle op hulle fout gewys het.
Ek het ‘n pa wat van hierdie parkeerplekke gebruik moet maak vanweë ernstige heupprobleme wat dit vir hom baie pynlik maak om ver afstande te stap. Dus het hy die nodige stappe geneem om sy nasionale- en Tlokwe disket te bekom.
Ek het al talle mense persoonlik aangevat omdat hulle dié parkeerplekke gebruik sonder dat hulle ’n liggaamsgebrek het wat dit noodsaak. Ek is ook al talle kere as pynlik uitgekryt op Facebook, aangesien hierdie saak my baie na aan die hart lê.
Die feit is egter, as jy dié parkering moet gebruik, sorg dat jy die nodige permitte/disket het wat dit duidelik aandui. Vat anders dan maar die klap soos ’n man.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button