SportSport

Jong swemmers laat die water spat

Dit was onlangs die Dolfyntjie-afdeling van Potchefstroom Swemklub, onder die afrigting van Karin van Jaarsveld, se jaarlikse bekroningsfunksie. ‘n Groep van 150 swemmers het onder Van Jaarsveld se bekwame leiding afrigting ontvang in waterveiligheid, basiese swemstyle en gevorderde swemstyle. Tydens die bekroningsfunksie is 100 medaljes aan presteerders oorhandig. Emma Rost is as die Dolfyntjies se …

Dit was onlangs die Dolfyntjie-afdeling van Potchefstroom Swemklub, onder die afrigting van Karin van Jaarsveld, se jaarlikse bekroningsfunksie. ‘n Groep van 150 swemmers het onder Van Jaarsveld se bekwame leiding afrigting ontvang in waterveiligheid, basiese swemstyle en gevorderde swemstyle. Tydens die bekroningsfunksie is 100 medaljes aan presteerders oorhandig.

Emma Rost is as die Dolfyntjies se top swemmer aangewys. Die hoofafrigter van Potchefstroom Swemklub, Carine Cronje, het tydens die streng evaluasie aan haar 100% gegee vir haar style. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie.

Vir navrae oor waterveiligheid of stylafrigting kan Karin by 073 318 1799 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button