SportSport

Breitenbach is weer koning van die rolbalbaan

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub het Sondag korte mette gemaak met Deon Pitts van Klerksdorp Rolbalklub in die finaal van die Noordwes Kampioen van Kampioene-toernooi wat in Klerksdorp plaasgevind het. Breitenbach het die finaal 21-0 gewen wat in rolbalterme ‘n vernietigende oorwinning was. Hy het in die ses wedstryde in sy seksie almal gewen …

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub het Sondag korte mette gemaak met Deon Pitts van Klerksdorp Rolbalklub in die finaal van die Noordwes Kampioen van Kampioene-toernooi wat in Klerksdorp plaasgevind het.

Breitenbach het die finaal 21-0 gewen wat in rolbalterme ‘n vernietigende oorwinning was. Hy het in die ses wedstryde in sy seksie almal gewen en net 46 skote afgestaan terwyl hy 126 keer die punte ingeoes het: ‘n gemiddelde wentelling van 21-7. Breitenbach het ‘n rukkie gelede ook die Noordwes enkelspelkampioenskap gewen en speel later hierdie maand in die Noordwes Ope Meesterskampioenskap: ‘n derde titel lê beslis en wag. Sy mede Kampioen van Kampioene, Helen Jansen van Strathvaal se rolbalklub het ook die NW enkelspel gewen en neem ook deel aan die Ope Meesterskampioenskap, die keer op haar tuisbaan in Stilfontein. Sy was in 2002 lid van die Protea rolbalspan. Breitenbach is al ‘n paar jaar ‘n gereelde lid van die Protea-span.

*Die volgende spelers van die stad se klubs is genooi om aan die onderskeie Meesterskampioenskappe deel te neem:

Seniors: Rose du Plessis, Miemie Swart en Brenda Palmer van Potchefstroom rolbalklub en Helena Koekemoer van die Buiteklub. Ronnie Palmer en Jean du Plessis van Potchefstroom klub is ook genooi. In die ope-afdeling is die genooides Pikkie Abbott, Gerrit van Rensburg en Pierre Breitenbach van die Potchefstroom klub en dan ook Sega Mokoto van Weermag, Corrie Breitenbach en Elly van Dijk van die Potchefstroom rolbalklub. Die toernooi vind op 23 en 24 Julie in Stilfontein plaas met die finaal Sondag 25 Julie by die Potchefstroom rolbalklub.

Daar is vanjaar ook vir die eerste keer ‘n o.30 Meesterstoernooi. Die genooides uit die stad is Philip Degenaar, Chris de Wit, Jabu Nkosi en Meshack Kali van die Buiteklub en Alberto Casallegio van die Potchefstroom klub.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button