SportSport

Puk-Week sorg vir opwindende o.19 rugby

Die NWU Pukke se o.19 Rugbyweek het op Dinsdag, 28 Junie in Potchefstrooom afgeskop met puik rugby wat deur die verskeie unies teenwoordig gespeel is. Hierdie wedstryde gee ‘n geleentheid vir skolespelers om in die vakansie hulle talent bloot te stel en gee vir diegene wat nie die Coca-Cola Cravenweek-span gehaal het nie, die kans …

Die NWU Pukke se o.19 Rugbyweek het op Dinsdag, 28 Junie in Potchefstrooom afgeskop met puik rugby wat deur die verskeie unies teenwoordig gespeel is.

Hierdie wedstryde gee ‘n geleentheid vir skolespelers om in die vakansie hulle talent bloot te stel en gee vir diegene wat nie die Coca-Cola Cravenweek-span gehaal het nie, die kans om indruk te maak. Die beste spanne van die Noordvaal streek neem aan die week deel, soos die plaaslike Luiperds o.19 span, sowel as die Vrystaatse Arende, Griekwas, Pumas Platteland span, die Griffons, Limpopo Blou Bulle, Goue Leeus en Blou Bulle. Een van die wedstryde wat die plaaslike ondersteuners met ‘n hout-oog dopgehou het, was die Luiperds se o.19 span se wedstryd teen die Arende XV wat op Olënpark plaasgevind het.

In ‘n harde en kompeterende wedstryd het die Arende XV vir die tuisspan met ‘n skrale vier punte in ‘n 24-20 oorwinning gekelder. Die Luiperds het eerste punte aangeteken met Gimmies se Edrich Cronjé wat ‘n strafskop oorgesit het. Drieë van die Arende se Kyle Collins, Derik Pretorius, Devan Oosthuizen en Ruan van der Walt het dinge wel in die Vrystaatse span se guns gesit.

Vryburg se Jonan van den Bergh het toe ‘n goeie drie vir die Luiperds gedruk na ‘n flink teenaanval wat vrugte afgewerp het. Die lewendige skrumskakel, JM du Plooy, het ook vir Luiperds oorgegaan en skielik was dit 17-13.

Algeheel was die tweede helfte meer oop en kon albei spanne meer kans kry om met die bal te hardloop na ‘n versigtige eerste helfte waar albei spanne mekaar eers behoorlik opgesom het.

Kyk die foto’s hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/17563/fotos-nwu-pukke-se-o-19-luiperdsweek-lewe-kwaliteit-rugby-op/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button