NewsNews

Verkragter die res van sy lewe agter slot en grendel

’n 29-jarige man is Dinsdag in die hooggeregshof in Potchefstroom drie keer lewenslank tronk toe gestuur sonder die opsie van parool.

’n 29-jarige man is Dinsdag in die hooggeregshof in Potchefstroom drie keer lewenslank tronk toe gestuur sonder die opsie van parool.
Piet Mohate (29) wat in Mei skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 11-jarige in 2011 en skuldig gepleit het aan die verkragting en moord van ’n 8-jarige in 2015, sal die res van sy lewe agter tralies deurbring.
Mohate het in Februarie 2015 die 8-jarige kind gebyt terwyl hy haar verkrag het, waarna hy haar met haar hemp verwurg het. Sers. P.W. Geldenhuys van die Ventersdorp speurtak het die kind gevind waar Mohate haar in die veld gelos het. Sy het toe nog geleef, maar is later die middag oorlede. Geldenhuys het Mohate twee dae later in hegtenis geneem. Met die ondersoek is vasgestel dat soortgelyke verkragtings in Lichtenburg aangemeld is. Mohate is toe ook met die sake in Lichtenburg verbind.
Terwyl hy in aanhouding was het Mohate probeer selfmoord pleeg. Hy is na die Potchefstroom hospitaal geneem waar hy uit aanhouding ontsnap het. Geldenhuys het hom ongeveer twee maande later in Carletonville vasgetrek.
Die regter het tydens die vonnis vir Mohate gesê dat dit goed is dat hy gevang is, omdat dit blyk dat hy besig was om ’n reeksverkragter te word.
Hy is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van ontsnapping.

Vorige Artikels oor saak:

29-jarige man skuldig aan moord en verkragting van 8-jarige

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button