NewsNews

Huis brand twee keer op een dag

’n Huis wat Sondagoggend omstreeks 11:00 in Bailliepark aan die brand geraak het, het later die aand weer vlamgevat.

’n Huis wat Sondagoggend omstreeks 11:00 in Bailliepark aan die brand geraak het, het later die aand weer vlamgevat.
Volgens Dewitt Kotze, eienaar van die huis in Malvastraat, moet die versekering se ondersoek nog afgehandel word voor daar met sekerheid gesê kan word wat die brand veroorsaak het.

brand02
Hy het wel bevestig dat die brand glo in die waskamer van die huis begin het. Tlokwe Brandweer, Mooirivier Beskerming, Bailliepark Buurtwag en AfriForum was almal op die toneel om die gesin by te staan tydens die brand.
Volgens ‘n Facebook boodskap van Mooirivier Beskerming het hulle reageer na ’n paniek oproep. Daar het hulle die familie aangetref wat veilig uit die huis kon kom. Hulle het in samewerking met die buurtwag daarin geslaag om twee voertuie betyds uit te kry.

brand 03
Verskeie mense het Sondagaand op Potchefstroom se Facebook-groep gevra wat aangaan nadat hulle weer in die area sirenes gehoor het.
Dit het toe geblyk dat, nadat die brand onder beheer gekry is, dit omstreeks 20:30 weer vlamgevat het. Die tweede brand was klein en het nie die grootste skade aangerig nie.
“Ek is baie verlig en dankbaar dat ons hele gesin veilig is. Ons kon nou besig gewees het met ’n baie ander gesprek,” het Kotze aan die Herald gesê.
Volgens hom is die reaksie van die gemeenskap oorweldigend, die familie het bystand gekry van almal in die gemeenskap.
“Daar is mense wat ons nie eers ken nie wat blyplek aangebied het. Dit is regtig ongelooflik om te sien,” vertel hy. Hoewel die hele huis, behalwe die hoofslaapkamer en Kotze se 3-jarige dogter se kamer afgebrand het, is hy steeds positief oor die voorval.
“Dit bly sleg, maar dit is alles net goed, goed wat ons kan vervang of probeer vervang, maar mense kan nie vervang word nie. Dit is die Here se genade dat ons almal veilig is. Ons sien Sy hand in alles wat gebeur,” het hy gesê.
Die Kotze gesin woon tans in vriende se huis wat met vakansie is.

 

Ander Brand Artikels

River Café brand af – Foto’s

Vullis brand

Kar slaan aan die brand by huis

Motorhuis brand

Man dood na brand, provinsie het nie meer helikopterdiens

Rommel brand in Nywerheidsgebied

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button