SportSport

Dié Luiperd is nou ‘n Bok

Goeie verrassings is soms een van die lekkerste aspekte van die lewe en vir die Luiperds losskakel, Benhard Janse van Rensburg, was so ‘n verrassing sy plek in die o.20 junior Springbokspan vir  die o.20 Wêreldbeker in Engeland. Alles het baie vinnig gebeur vir Benhard, wat gister (Donderdag, 23 Junie) by die junior Bokkies aansluit …

Goeie verrassings is soms een van die lekkerste aspekte van die lewe en vir die Luiperds losskakel, Benhard Janse van Rensburg, was so ‘n verrassing sy plek in die o.20 junior Springbokspan vir  die o.20 Wêreldbeker in Engeland. Alles het baie vinnig gebeur vir Benhard, wat gister (Donderdag, 23 Junie) by die junior Bokkies aansluit voor hulle derde en vierde uitspeelstryd teen Argentinië hierdie Saterdag.

“Dit was ‘n groot maar lekker verrassing gewees. Ek sien baie daarna uit  en ek wil graag speeltyd vir die junior Bokke kry. Om op die veld te draf en deel te wees sal die beste wees,” vertel hy. Dié insluiting is net nog ‘n regmerk in Benhard se CV vanjaar, nadat hy reeds deel van Pukke se Varsitybekerwenspan was en ook vir die Luiperds in Curriebeker-aksie uitgedraf het.

Benhard Janse van Rensburg in aksie.
Benhard Janse van Rensburg in aksie.

“Ja, vanjaar was sover ‘n goeie jaar  vir my. Die lekkerste was om die Varsitybeker te kon wen en nou natuurlik deel van die junior Springbokke te wees.

“In die toekoms sal ek Superrugby wil speel,” noem hy.

Tog is dit nie nou sy nommer een fokus nie en sal hy die nuutste geleentheid met beide hande wil aangryp in Manchester.

“Die belangrikste vir my in die stadium is om nederig te bly.”

Benhard is die nuutste Luiperds speler wat die jong Bokkies haal en volg in die spore van Johnny Welthagen, John-Roy Jenkinson, Luther Obi, Sylvian Mahuza en Lloyd Greeff, wat ook vir die Junior Bokke uitgedraf het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button