EntertainmentNewsNewsSportSport

Oud maar beslis nog nie koud

Tannie Kosie van der Merwe is uniek. Sy speel op die ouderdom van 92 nog gereeld rolbal en is een van die heel oudstes in die land wat die spel nog aktief beoefen. Sy bly alleen in haar woonstel.

Tannie Kosie van der Merwe is uniek. Sy speel op die ouderdom van 92 nog gereeld rolbal en is een van die heel oudstes in die land wat die spel nog aktief beoefen. Sy bly alleen in haar woonstel.

“Geen ouetehuis vir my nie,” sê sy. Haar doopnaam is Jacoba, maar in die hoërskool in Upington het die juffrou gesê dis te ‘n lang naam vir so ‘n klein mensie en toe word sy Kosie en sy bly Kosie, tot vandag toe nog.

Kosie is al 27 jaar ‘n weduwee na haar man, wat ‘n regiment sersant-majoor in die Weermag was, oorlede is. Sy was vir baie jare die bibliotekaresse by die Weermag hier in die stad. Tannie Kosie is ‘n boorling van Kanoneiland in die loop van die Oranjerivier, anderkant Upington. Sy vertel met heimwee van die grootworddae daar op die eiland, van die Bourant waar die Kerk en die paar winkeltjies was en van die vloede.

Vir die boere was die vloede ‘n geleentheid om weer vrugbare bogrond in te kry, maar dis ongelukkig nie gelyk afgelewer nie en daar moes gespook word om die wingerde weer te hervestig na ‘n vloed. Tanne Kosie het in 1958 begin rolbal speel en speel met die uitsondering van vier jaar, toe hulle in Simonstad was en daar nie fasiliteite was nie, ononderbroke.

Sy het al provinsiaal gespeel en geniet die spel nog steeds. Sy is lid van die Potchefstroom Rolbalklub.

Related Articles

Back to top button