SportSport

Van Skoolbank na Sportveld: Joné Kruger

Joné Kruger is een van Potchefstroom se groot sportuitblinkers wat met haar doelgerigtheid en vriendelikheid al baie aanhangers op en van die sportvelde het. Potchefstroom Herald het meer oor hierdie talentvolle atleet gaan uitvind: Skool: Potchefstroom Gimnasium Ouderdom: 18 Sport: Atletiek, tennis en netbal Beste prestasies: Atletiek – eerste in verspring by ASA kampioenskappe en …

Joné Kruger is een van Potchefstroom se groot sportuitblinkers wat met haar doelgerigtheid en vriendelikheid al baie aanhangers op en van die sportvelde het. Potchefstroom Herald het meer oor hierdie talentvolle atleet gaan uitvind:

Skool: Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom: 18

Sport: Atletiek, tennis en netbal

Beste prestasies: Atletiek – eerste in verspring by ASA kampioenskappe en derde by die SA Skole. Het ook 10 jaar agtereenvolgens Noordwesspan gehaal. Tennis: Was deel van die SA Skolespan wat Engeland toe was en het al tot ’n semi-finaal deurgedring in die ITF-toernooie. Netbal: Was al kaptein van die Noordwes-netbalspan.

Hoogtepunt van die jaar (seisoen): Om Noordweskleure in atletiek te kry en die top 10 van die ASA en SA Skole kampioenskappe in verspring te haal.

Hoe het jou passie vir sport ontwikkel: Ek het op vier begin tennis speel. Ek het kinderkinetika by die PUK gedoen, wat toevallig langs die tennisbaan was. Ek het vir my pa gevra wat hulle hier doen en van daar het my belangstelling in tennis begin. Ek het my Riaan Venter Tennisakademie begin en vir die afgelope 14 jaar is ek al by Riaan Venter betrokke.

My atletiekpassie het begin omdat my ma (wat junior Springbok was) ’n onderwyser is. Ek het maar langs die atletiekbaan grootgeword.

Gunsteling sport: Tennis, maar ek hou van atletiek ook.

Lewenslesse wat jy uit sport geleer het: Jy kan nooit opgee nie en ’n mens moet nooit dat iets jou keer om te presteer nie. Ek het al baie beserings gehad en daardeur gekom. Tennis het my ook geleer om meer op my eie te kon funksioneer omdat ek op 13 alleen in Afrika gaan tennis speel het.

Wat maak Potchefstroom uniek en waar jou gunsteling plek in die stad? Dit is klein en intiem en almal weet iets van mekaar. Dit is ook ’n baie mooi plek met uitstekende sportfasiliteite. Gunsteling plek is die Fanie du Toit-sportterrein omdat ek meeste van my tyd daar deurbring!

Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? ’n Tandeborsel, kos, sonbrandroom, skoon klere en ’n hoed,

Drie mense wat jy nog sal wil ontmoet? Beyonce, Usain Bolt en Darya Klishina (Russiese verspringatleet)

Drie dinge wat jou irriteer? Mense wat tweegesig is, oneerlikheid

Drie dinge wat maak jou gelukkig maak? My familie, ons het ’n baie sterk gesinsband, my beste vriendinne en om te oefen en aan sport deel te neem.

Rolmodel? Gena Löfstrand

Stokperdjie wat niemand van weet nie? Ek hou van televisiereekse kyk, maar daar is meeste van die tyd geen tyd daarvoor nie!

Wat is jou beste eienskap? Ek gee nie maklik op nie en het baie “guts”

Gunsteling musiek/liedjie? Formation van Beyonce

See of Wildtuin? See

Jelly Tots of Smarties? Smarties

Biltong of Braaivleis? Biltong

Fliek of uiteet? Uiteet

Aksie of komedie? Komedie

Facebook of Instagram? Instagram

Related Articles

Back to top button