High SchoolLocal newsSport

Volkies se Astro-baan drome word waar

Die geleentheid was een van blydskap, maar ook ‘n emosionele een.

Volkies se drome van hulle eie Astro-baan het verlede week waar geword.

Hoërskool Volkskool het Vrydag die opening van hulle nuwe Astro-hokkiebaan gevier.

Leerders, personeel, ouers en oud-Volkies het die opening bygewoon.

Die geleentheid was een van blydskap, maar ook ‘n emosionele een omdat geliefde juffrou Marisca Badenhorst nie daar kon wees nie.

‘n Huldeblyk is aan Juffrou Marisca opgedra vir die sleutel rol wat sy gespeel het om hierdie droom ‘n realiteit te maak. Juffrou Marisca het in Augustus haar stryd teen kanker verloor.

Jaryd Hammond, hokkie direkteur en meneer Gerhard Swart, die waarnemende hoof van Volkies het die baan amptelik geopen waarna verskeie wedstryde met huidige en oud-leerders op die baan plaasgevind het.

Jaryd Hammond en Gerhard Swart.
Die blomme wat leerlinge vir Juffrou Marisca neergelê het.
Juffrou Marisca.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button