Local news

Slegte nuus vir brandstofpryse in November

Dit sal die eerste keer in vyf maande wees wat die brandstofpryse weer verhoog.

Data van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui op die moontlikheidvan ‘n verhoging in die prys van petrol- en diesel in November.

Data toon dat petrolpryse moontlik tussen 3 en 14 sent per liter kan styg en dieselpryse kan moontlik sowat 14 sent per liter styg.

Sou die huidige marktoestande tot die einde van die maand voortduur, sal dit die eerste verhoging in vyf maande wees.

Ontleders het egter daarop gewys dat dinge in die komende weke kan verander.

Verwagte verhogings:

Petrol 93: verhoging van 3 sent per liter

Petrol 95: verhoging van 14 sent per liter

Diesel 0,05%: verhoging van 14 sent per liter

Diesel 0,005%: verhoging van 13 sent per liter

Verligtende paraffien: verhoging van 7 sent per liter

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button