Local news

Die seer van ‘n baba verloor

Vir gesinne wat miskraam, stilgeboorte of babadood ervaar het, is ondersteuning van kardinale belang.

Vandag is internasionale swangerskap- en baba verlies bewusmakingsdag en elke ouer wat al deur so iets is, weet dat daardie seer nooit werklik verdwyn nie.

Vanaand vind #WaveOfLight plaas, ‘n kragtige geleentheid waar mense regoor die wêreld om 19:00 in hul plaaslike tydsone kers opsteek om die nagedagtenis van babas wat gesterf het, te eer.

Gesinne, gemeenskappe en gesondheidswerkers kom saam om die stilte rondom miskraam, stilgeboorte en babadood te verbreek. Hierdie maand hou besondere betekenis in vir diegene wat die verwoestende verlies van ‘n baba ervaar het en dien as ‘n herinnering aan die belangrikheid van ondersteuning, bewustheid en opvoeding om swangerskap en babaverlies aan te spreek.

Elke 10 uit ‘n 1000 gesinne per jaar in Suid-Afrika gaan deur die trauma van ‘n miskraam en elke 28 uit ‘n 1000 gesinne beleef die dood van ‘n pasgebore baba. Swangerskapverlies word regoor die wêreld verskillend gedefinieer, maar oor die algemeen word na ‘n baba wat voor 28 weke van swangerskap sterf, na ‘n miskraam verwys, en babas wat op of na 28 weke sterf, is stilgeboortes.

Om ‘n baba tydens swangerskap te verloor deur miskraam of stilgeboorte is steeds ‘n taboe-onderwerp wêreldwyd, gekoppel aan stigma en skaamte. Baie vroue ontvang steeds nie toepaslike en respekvolle sorg wanneer hul baba tydens swangerskap of bevalling sterf nie. vroue wat hul babas verloor, word laat voel dat hulle moet stilbly oor hul hartseer.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button