Local news

Pienk Vrydae vir Baillies se juffroue

Jy kan tydens borskankermaand 'n gratis ondersoek by jou naaste kliniek laat doen.

Oktober is borskanker-bewusmakingsmaand en die juffroue van Laerskool Baillie Park doen hulle deel om borskankerbewusmaking te bevorder en om bewustheid te skep deur elke Vrydag pienk aan te trek.

Borskanker is een van die mees algemene kankers wat onder vroue in Suid-Afrika voorkom. Die voorkoms van borskanker neem toe en dit is nie iets wat net in vroue voorkom nie. Mans kan ook deur borskanker geraak word.

Die vroeë opsporing van borskanker is een van die belangrikste ondernemings om die siekte suksesvol te behandel.

Lees meer oor borskanker hier.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button