Local news

Ouma Fien vier 105ste verjaarsdag

Sy was vir jare ‘n onderwyseres en het graad een by Laerskool M.L Fick gegee.

Om 105 jaar oud te word is ‘n baie groot voorreg. Fien Tiedt het 6 Oktober haar 105ste verjaarsdag gevier.

Haar kinders, kleinkinders en agter kleinkinders het Saterdag by die Groen Wilgers bymekaar gekom om vir haar ‘n groot makietie te hou.

Toe Fien gevra was wat haar geheim tot so ‘n lang lewe is, het sy gesê: “Maar dan is dit mos nie meer ‘n geheim nie!”

Fien, wat vir meer as 60 jaar getroud was en 4 kinders, 14 kleinkinders en 21 agter kleinkinders het, se leuse in die lewe is: As mens iets nie kan verander nie, dan aanvaar jy dit.

“Everything is going my way. Nog my hele lewe lank. Mens moet kyk en besef wat hulle het voor hulle kla,” vertel sy.

Sy was vir jare ‘n onderwyseres en het graad een by Laerskool M.L Fick gegee.

“My grootste prestasie in die lewe is dat ek my vier kinders kon grootmaak en dat ek op hierdie ouderdom nog helder en by my volle positiewe is. Die Here is vir my baie goed,” het Fien trots gesê

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button