CrimeLocal news

Twee vas vir dwelmhandel

Die twee verdagtes is op 'n waarskuwing vrygelaat.

Twee verdagtes is Saterdag 5 Oktober vasgetrek en 340kg dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R5 miljoen is by hulle gekonfiskeer.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes se bakkie is tydens ‘n poging om van dwelms in die Ikageng-gemeenskap ontslae te raak, deur polisie gestop en deursoek.

“Die twee se Toyota Hilux-voertuig is opgemerk, gestop en deurgesoek. Dit het gelei tot die ontdekking van sakke met meer as 340kg dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R5 miljoen.”

Die beskuldigdes,  Asiphe Nomde (32) en Mncedisi Mthunzini (41) is op ‘n waarskuwing vrygelaat ná hulle Maandag 7 Oktober in die Potchefstroom-landdroshof verskyn het.

Hulle sal weer Dinsdag 26 November 2024 voor die hof verskyn.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button