Local news

Vermiste hondjie met eienaar herenig

Die familie is ewig dankbaar hulle het hulle hondjie teruggekry.

Rocky, die 7 maande oue Doberman Pincher, is gevind en met sy eienaar herenig nadat hy Maandag tydens ‘n ongeluk op die N12 weggeraak het.

Die familie was onseker of hy tydens die ongeluk uitgeval het en of hy na die ongeluk weggehardloop het.

Mariette van Niekerk, wie se familielid in die ongeluk betrokke was, het bevestig die hondjie is gekry.

“Die plaasboer, Johan Strydom, wat vir Rocky vroër naby sy plaas opgemerk het, se werker het aanhou soek en vir Rocky gevind. ‘n Dame met die naam Natasha het hom vir ons Stilfontein toe gevat.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button