Local news

Familie opsoek na hondjie na ongeluk

Die familie is baie hartseer oor hulle Rocky wat weg is.

‘n Hartseer familie is dringend opsoek na hulle geliefde hondjie nadat hy tydens ‘n ongeluk weggeraak het.

Rocky, die 7 maande oue Doberman Pincher, is nog nie gevind na die ongeluk nie.

Mariette van Niekerk vertel ‘n familielid van haar was gisteroggend in ’n ongeluk op die N12 net voor Lekwena Estates betrokke. Rocky was saam in die voertuig.

Die familie is onseker of hy tydens die ongeluk uitgeval het en of hy na die ongeluk weggehardloop het.

“Ons harte is baie seer. Mens raak baie lief vir die klein diertjies. Ons wil hom net graag terug hê. Ons vind eerder sy lykie as wat ons hom glad nie terugkry nie.”

Die familie is van plan om vanmiddag teen die N12 te gaan soek.

Indien jy enige inligting oor Rocky het of hom dalk gesien het, kan jy enige van die volgende nommer skakel: Mariette 067 826 1153, Madelein 072 754 6408 of Sarel 079 262 2927.

Die motor na die ongeluk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button