Local news

Puttoilette steeds groot ontsteltenis vir inwoners

Die gemeenskap het moed verloor.

Net 30 puttoilette uit sowat 200 is vandeesweek in Promosa leeggemaak. Die probleem maak inwoners moedeloos.

Daar is onlangs berig dat die inwoners van Hillside View in Promosa al vir meer as sewe maande sukkel met vullis wat nie verwyder word nie en puttoilette wat nie leeggemaak word nie.

Hierdie situasie hou ‘n gesondheidsgevaar vir die mense van Promosa in.

Martin Booysen, ‘n leier in die gemeenskap, het vroeër gesê die munisipaliteit was amper daagliks gekontak, maar die gemeenskap se pleidooi val op dowe ore.

“Dit gaan al vir sewe maande so aan. Die mense begin nou al self hulle oorlopende puttoilette skoonmaak. Die afval word dan by die begrafplaas gestort. Dit beteken met die hitte wat op pad is gaan die reuke ondraaglik wees. Dit gaan ook verskriklik baie vlieë lok,” het hy aan Potchefstroom Herald gesê.

“Die gemeenskap is nou moedeloos en ons geduld is op ‘n einde. Die munisipaliteit het twee trokke gestuur om 30 toilette leeg te maak. Hier is 200 toilette in die gemeenskap,” vertel Booysen.

“Ons het ‘n besigheidsman wat bereid is om die werk vir ons te doen. Hy weet wat hy doen en die gemeenskap is gelukkig daarmee, maar die munisipaliteit wil nie vir hom ‘n kontrak gee nie. Hulle gee dit eerder vir iemand anders wat dan net 30 toilette kom skoon maak. Ons kan nie meer so lewe nie.”

Geen terugvoering vanaf die munisipaliteit is in verband met die voorval ontvang nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button