HealthLocal news

Oktober is borskanker-bewusmakingsmaand

Vrou word aangemoedig om na simptome op te let en om gereeld vir toetse te gaan.

Borskanker is een van die mees algemene kankers wat onder vroue in Suid-Afrika voorkom. Die voorkoms van borskanker neem toe en dit is nie net iets wat in vroue voorkom nie. Mans kan ook deur borskanker geraak word.

Die vroeë opsporing van borskanker is een van die belangrikste ondernemings om die siekte suksesvol te behandel.

Met onderrig oor simptome en behandeling, kan bewustheid verhoog word en die stigma rondom borskanker verminder word.

Ongeveer 90% van pasiënte oorleef vir baie jare ná diagnose wanneer borskanker vroeg opgespoor word.

Gereelde self ondersoek en gereelde mammogramme is die sleutel tot vroeë opsporing.

Simptome van borskanker:

  • Algemene pyn in of op enige deel van die bors (alhoewel die meeste borskankers voorkom as knoppe sonder pyn)
  • Geïrriteerde of jeukerige borste
  • Die teenwoordigheid van ‘n knop in of naby die bors of in die onderarm-area
  • Verdikking in of naby die bors of in die onderarm-area
  • ‘n Verandering in die grootte of vorm van die bors
  • ‘n Kuiltjie of rimpeling in die vel van die bors wat dit soos die skil van ‘n lemoen laat lyk
  • ‘n Omgekeerde tepel (tepel wat na binne in die bors gedraai is)
  • Bloederige afskeiding van, of skubberige, rooi of geswelde vel op die bors, tepel of areola (die donker vel rondom die tepel)
  • Veranderinge in hoe die bors voel (hardheid, teerheid of ongewone warmte)
  • Velveranderinge, soos swelling, rooiheid of ander sigbare verskille in een of albei borste.

Jy het ‘n verhoogde risiko om borskanker te ontwikkel as jy:

  • Tussen die ouderdom van 40 en 50
  • Het ‘n familiegeskiedenis van borskanker
  • Het ‘n persoonlike geskiedenis van kanker en het behandeling daarvoor ontvang
  • Het geboorte gegee aan jou eerste kind na 30 of het nog nooit kinders gehad nie
  • Begin menstrueer voor jou tienerjare
  • Menopouse na die ouderdom van 50 begin ervaar
  • Langtermyn hormoonvervangingsterapie ondergaan.

Ander moontlike risikofaktore van borskanker sluit in alkohol- en tabakgebruik, vetsug, ‘n dieet hoog in vet en ‘n gebrek aan fisiese oefening.

Tydens die maand van Oktober kan vroue vir ‘n gratis borskanker ondersoek by hulle naaste plaaslike kliniek gaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button