Local news

Skaterlag by Die Van Vuurens vat vlam

Die prokuksie het by Laerskool Mooirivier tydens Aardklop 2024 plaasgevind.

Die skare by Dinsdagaand  se vertoning van Die Van Vuurens vat vlam, het lekker geskaterlag vir die produksie.

Lizz Meiring se sprankelende persoonlikheid, soos wat almal vir haar liefgeword het in Molly en Wors, kom sterk in die produksie deur. Sy het ook die produksie geskryf en vertolk een van die rolle. Cara Meiring en David Kuduntwane, wat hulle akteursdebuut met die produksie bekend gestel het, speel hulle rolle oortuigend goed.

Hierdie donkerkomedie laat jou nie net lekker lag nie,maar dit trek jou so in dat jy heeltemal vergeet jy sit in ‘n gehoor.

Sterna van Vuuren (Lizz Meiring), keer skielik terug huis toe na ‘n lang tyd oorsee. Haar broerskind, Bernadette van Vuuren (Cara Meiring) en dié se mimiekkunstenaar-kêrel, Flippie van Vuuren (David Kuduntwane), het nes geskrop in Sterna se huis.

Wat daarna volg kan net beskryf word as uiters uniek en verrassend.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button