EntertainmentLocal news

Eeu oue orrel deel van Orrelfees

Die Simfonie-orkes beloof om uitstekend te wees.

Die NG Gemeente Ventersdorp se pyporrel is deur die Engelse firma Rushworth & Dreaper gebou. Tipies van Engelse orrelboutradisie, is net die beste materiaal gebruik om hierdie instrument te vervaardig.

Die orrel is per skip na Suid-Afrika vervoer en deur Cooper, Gill & Tomkins in die kerk opgerig. Dit is plegtig op 2 April 1920 in gebruik geneem. Cooper, Gill & Tomkins is reeds sedert 1902 verantwoordelik vir die onderhoud van talle pyporrels in Suid-Afrika en het tot in 1960 die onderhoud van die NG Gemeente Ventersdorp se orrel behartig.

Suid-Afrikaanse orrelbouers (SAOB) het in 1960 die instrument teen ‘n koste van £2 800 herbou en vergroot. Die veranderinge het die installasie van ‘n nuwe speeltafel, met elektriese speelaksie en die byvoeging van enkele registers (471 pype) ingesluit.

Huidiglik beskik die orrel oor 1 125 sprekende pype wat verdeel is tussen 15 registers (pypreekse). Die langste pype is 16 voet, terwyl die korste pype enkele millimeters in lengte is. Die vervangingswaarde van die instrument word op ongeveer R12m gereken.

Cooper, Gill & Tomkins het in 2022 opdrag van die gemeente ontvang om noodsaaklike opknappingswerk aan die orrel te verrig.

Die orrel gaan Saterdag, 7 September deel wees van ‘n Simfonie-orkes wat by die NG Gemeente Ventersdorp gaan plaasvind. Vir verdere inligting oor die orkes, kan jy die kerk skakel op 018 464 1276.

NG Gemeente Ventersdorp

Related Articles

Back to top button