Local news

Tonne voer vir boere in brand geteisterde gebiede

“Van die boere het trane in hul oë gekry van dankbaarheid toe die voer afgelewer word.”

AfriForum het 40 ton voer aan boere van Noordwes en Gauteng geskenk wat al die winterweiding vir hul vee in ’n verwoestende veldbrand verloor het.

Die veldbrand het Sondag 11 Augustus in die omgewing van Fochville in Gauteng uitgebreek en spoedig – met ’n windspoed van meer as 35 km per uur – verder oor dié provinsie en na Noordwes en die Vrystaat versprei.

Alle weiding is in ’n kwessie van ’n paar uur gebrand wat ongeveer 2 000 vee vir die res van die seisoen tot die eerste goeie reënval sonder kos gelaat het.

“AfriForum is dankbaar om hierdie boere met voer vir hul vee uit die AfriForum-noodfonds te kon help. ’n Gemiddelde bees eet ongeveer 10 kg voer per dag. Die noodfonds skep hoop in gemeenskappe waar rampe of ernstige voorvalle tref. Hierdie skenking is slegs moontlik danksy almal wat ’n donasie tot AfriForum se noodfonds maak,”  sê Tarien Cooks, rampbestuurspesialis vir AfriForum.

 

“Van die boere het trane in hul oë gekry van dankbaarheid toe die voer afgelewer word.”

 

Boere in die omgewing het nou hoop na die verwoestende brande

 

Frans de Bruin, een van die boere wat voer ontvang het, sê dat hy AfriForum se hulp met voer vir sy vee ontsettend baie waardeer.

 

Enigiemand kan ’n bydrae maak tot AfriForum se noodfonds. Besoek www.afriforum.co.za – klik op “skenk nou” en volg die stappe.

 

Om ’n bedrag via EFT aan AfriForum vir hierdie inisiatief te skenk, is die bankbesonderhede as volg:

 

Bank: First National Bank

Rekeninghouer: AfriForum MSW

Takkode: 261550

Rekeningnommer: 62349898398

Verwysings: Brande

Related Articles

Back to top button