Local news

‘n Liefde vir hekel verander in voltydse besigheid

Megan hekel die pragtigste geskenke.

Megan Nel (22) het op ‘n jong ouderdom begin hekel en haar liefde vir hekel het haar stokperdjie na ‘n voltydse besigheid verander.

Van seekatte vir vroeggebore babas tot by Winnie de Pooh. As dit gehekel kan word, kan Megan dit maak.

As ‘n Bcom Forensiese Rekeningkunde student aan NWU Potchefstroom, hekel Megan al vanag sy 12 jaar oud is. Sy is in Durban gebore, maar het in Bloemfontein grootgeword.

“My ouma het my op n jong ouderdom geleer brei, maar dit het my nie geïntereseer nie. Alles wat mens met hekelwerk kan doen het my meer gefasineer, so toe het ek myself die basics van hekel geleer deur artikels op die internet te lees en videos op YouTube te kyk. Van daar af het ek begin uitmaak hoe om patrone te lees en ook hoe om my eie patrone te skryf deur net na n prentjie te kyk.”

Megan vertel sy is eintlik ‘n baie skaam persoon, maar hekel het haar forseer om uit haar gemaksone uit te kom.

“Ek het so hier en daar goedjies vir mense begin maak. Ek het my Facebookblad Serious Stitches in 2020 begin, maar weens my studies het ek baie min geadverteer. In 2023 het ek en my kêrel, Waldi Eksteen, begin markte doen en adverteer op Facebook en nou doen ek dit amper voltyds so tussendeur my studies. Ek het selfs al vir Waldi geleer om goed te maak omdat ek nie kan byhou met alles nie. Ek sou nie vir Serious Stitches tot so ver kon groei sonder sy hulp nie.”

Megan sê haar liefde vir wol het nou so uitgebrei dat sy begin het om matte ook te maak.

“Hekelwerk is vir my baie ontspannend. Ek is al deur baie in my lewe en deur te hekel kalmeer my in die moeilike tye. Buiten dit gee dit so half ‘n gevoel van tevredenheid elke keer as ek iets klaarmaak en dit is lekker om te weet ek kan die talente wat God my gegee het gebruik om glimlagte op baie mense se gesigge te sit.”

Droom is iets waarvoor sy nie bang is nie.

“Een van my grootste drome is om Serious Stitches in ‘n groot besigheid te laat groei. Ek en Waldi het planne in plek vir hierdie droom en met God se genade sal ons hierdie droom eendag kan uitleef.”

Related Articles

Back to top button