SportSport

Gimmies verwelkom Plasies vir halfeindstryd

"Soos in enige semi-finaal is 'n ou maar bietjie senuweeagtig. Dit kan altyd enige kant toe gaan."

Gimmies speel komende naweek teen Merensky op tuisbodem in die Noordvaal bowl afdeling halfeindstryd.

Merensky gaan die lang pad na Potchefstroom toe moet aanpak om teen Gimmies kragte te meet. Dit was beslis nie ‘n maklike wedstryd toe Gimmies die Plasies in die rondomtalie wedstryde mekaar gepak het nie. Gimmies het 29 – 24 as oorwinnaars uit die stryd getree. Dit was wel vir Gimmies ‘n weg wedstryd en ook die eerste wedstryd na die lang vakansie. Gimmies is nou in die halfeindstryd op tuis bodem en hulle vaardighede sal beslis baie skerper wees as tydens hulle vorige ontmoeting.

Gimmies was tot in die laaste rondomtalie wedstryd nog onoorwonne maar het oor die laaste hekkie van Alberton gestruikel, waar hulle met 18 -17 verloor het. Dit was ‘n waardevolle les vir Jacques Botes se troepe.

“Soos in enige semi-finaal is ‘n ou maar bietjie senuweeagtig. Dit kan altyd enige kant toe gaan. Ons sal maar ons prosesse in plek moet sit en seker maak ons rond af. Ons hoop vir ‘n goeie wedstryd die naweek,” het Botes verduidelik.

Eldoraigne en Volkies pak mekaar in die ander halfeindstryd, as beide Gimmies en Volkies hulle wedstryde wen, is daar ‘n Classic Clash finaal op die kaarte.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button