SportSport

Volkies vertrap Wagpos reg vir semi in Pretoria

'n Oorwinning vir Volkies kan moontlik vir 'n Classic Clash ontmoeting met Gimmies in die eindstryd sorg.

Volkies het Donderdag vir Wagpos van Brits in Potchefstroom verwelkom.

Volkies het hulle plek in ide halfeindstryd van die Noordvaal bowl afdeling verseker deur Wagpos met 59 – 0 kaf te draf. Met so telling was allermins ‘n vriendelike verwelkoming.

“Ek dink hulle het niks gehad om te verloor nie so dit altyd moeilike omstandighede om teen sulke spanne te speel. Ons vergeet nou van hulle en kyk vorentoe na die halfeindstryd teen Eldoraigne,” het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies verduidelik.

Volkies speel komende naweek teen die Drake van Eldoraigne, wat beloof om ‘n taai wedstryd te wees. Volkies het in die vorige ontmoeting op tuisbodem, 44 -27 teen die Pretoria span verloor. Nou moet hulle Pretoria toe reis om in ide halfeindstryd te speel. Volkies het beslis goeie momentum opgebou met goeie weg oorwinnings wat hulle sal help.

“Dit gaan lekker wees, om onsself weer teen hulle te meet. Die vorige wedstryd was hulle voor en toe is ons voor en aan die einde het ons dit bietjie weg gegooi. Hulle is ‘n baie goeie span, wat goed afgerig is. So ons sien uit na die uitdaging,” het de Beer verduidelik.

‘n Oorwinning vir Volkies kan moontlik vir ‘n Classic Clash ontmoeting met Gimmies in die eindstryd sorg.

Lees meer oor Volkies se vorige wedstryd teen Eldoraigne:

Volkies laat voorsprong uit vingers glip

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button