Local news

Vermiste vrou in Potch gesien

"Sy slaap glo op straat,"

‘n Jong vrou wat sedert 22 Julie vermis is, is in Potchefstroom gewaar.

Volgens die 22-jarige vrou se ma, Thalita Ashurst het ‘n man haar gisteraand, 24 Julie, by die Mooirivier Mall gesien.

“Sy slaap glo op straat, blykbaar by sloot naby Girls High. In die dag is sy blykbaar in die omgewing van bailliepark Spar of by die Mooirivier Mall,” het Thalita gesê.

Volgens haar het sy nie geld om haar kind, Charlize Ashurst oftewel Lulu soos haar familie haar noem, terug by haar in Pretoria te kry nie.

“Ek weet nie hoe om my kind in Pretoria te kry nie,” het Thalita gesê.

Indien enigiemand hulle weg oop sien om die gsin te help, kan Thalita by 074 637 1099 geskakel word.

Jong vrou in Potchefstroom vermis

 

 

Related Articles

Back to top button