SportSport

Gimmies skitter by nasionale netbaltoernooie

"Om onder die top 20 netbalspanne in die land te eindig, verg goeie dissipline, uitnemende afrigting en Gimmie-guts"

Gimmies se eerstespan netbaldogters het hulle staal gewys deur vierde in die DSTV netbal uitdaging te kom. Die kompetisie is die nasionale kampioenskappe, waar die beste netbalspanne in Suid Afrika vir die
titel van beste in die land kompeteer. Gimmies het goeie oorwinnings behaal maar moes op die einde
in die halfeindstryd teen Affies meisies die knie buig. Dié span het vanjaar 42 wedstryde gespeel en
slegs 7 verloor. “Ons bewonder julle harde werk, deursettingsvermoë en guts. Julle het ‘n baie goeie seisoen gehad. Dit was ‘n voorreg om julle op die baan in aksie te sien. Dankie vir die
voorbeeld wat julle vir die ander Gimmiespanne stel. Juffrou Louise van der Bank, dankie vir jou puik
afrigting, leiding en ondersteuning. Jy is ‘n afrigter duisend,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

Gimmies se o.17A  en o.14A spanne het ook hulle se stempel op nasionale vlak afgedruk. Hulle het die afgelope naweek, aan die SA kampioenskappe gaan deelneem.

Die o.17A span het 11de geëinding terwyl die o.14A span 12de plek gevat het.

“Om onder die top 20 netbalspanne in die land te eindig, verg goeie dissipline, uitnemende afrigting en Gimmie-guts,” het die skool gesê.

Gimmies se o.14A span
Gimmies se o.17A span

Related Articles

Back to top button