Sport

Gimmies skud roes af teen Merensky

Gimmies vaar goed in hulle eerste jaar in afdeling 1. Tans is hulle nog in ide boonste helfte van die bowl afdeling.

Gimmies het Saterdag hulle veldtog teen Merensky voortgesit.

Die Potchefstromers moes al die pad Tzaneen toe reis vir dié wedstryd. Alhoewel die lang reis saam met die roes va ndie afgelope vakansie vir Gimmies op die agtervoet kon sit het Jacques Botes,hoofafrigter van Gimmies, se troepe met 29 -24 geseëvier.

Volgens Botes het albei spanne nog bietjie roes van die vakansie gehad om af te skud.

“Ons moes regtig diep delf vir dié oorwinning. Dit was ‘n baie harde wedstryd wat ons eers hier met so vyf of ses minute oor, die oorhand begin kry het. Ons is baie dankbaar om terug te kom met die wen,” het Botes gesê.

Gimmies het goeie rugby in die eerste helfte gespeel maar kon dit nie in punte omsit nie. Merensky het met alle ywer in die tweede helfte gespeel maar GImmies kon die Plasies stuit. Gimmies het ‘n loslootjie voor hulle Wagpos op tuisbodem aanvat.

Related Articles

Back to top button