NewsNews

Vuurwapenlisensies kan nie hernu word na dit verval nie

Die polisie rig ’n dringende versoek aan almal met vuurwapenlisensies om seker te maak oor die vervaldatum van hulle lisensies.

Die polisie rig ’n dringende versoek aan almal met vuurwapenlisensies om seker te maak oor die vervaldatum van hulle lisensies.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, kan die polisie se vuurwapenlisensie-eenheid geensins hernuwingsaansoeke aanvaar as die lisensie reeds verval het nie. “Die sisteem laat dit bloot net nie toe nie,” het Manyoba gesê. Volgens ’n kennisgewing wat deur lt.genl. Kgomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, aan polisiekantore landwyd gestuur is, moet mense wie se lisensies verval het en nie betyds vir hernuwing aansoek gedoen het nie, hul vuurwapens by hul naaste polisiekantoor inhandig om vervolging te voorkom.

Related Articles

Back to top button