Sport

Dorp se dames wen vroue liga

Dit is die kersie op die koek vir Dorp se vrouespan na 'n besonderse goeie seisoen. 

de het hulle die CDorp se rugby dames, het Saterdag, 11 Mei, vir Klerksdorp met 32 – 0 gewen.

Dit was ‘n tweestryd tussen dié ou vyande om te sien wie as die Carien Broodryk  liga wenners uit die stryd gaan tree.

Dorp het nooit gelyk of hulle die eindstryd sou verloor het nie. Dit is die kersie op die koek vir Dorp se vrouespan na ‘n besonderse goeie seisoen. DIt is die vierde jaar in ‘n ry wat Dorp hierdie liga wen.

Drikus Viljoen, Voorsitter van die Potchefstroom Dorp Rugby Club, het die damespan vir hul onbevreesde gees en toewyding bedank.

“Ons is trots op elke speler in ons damespan vir die passie en toewyding wat hulle op die veld wys. Hulle is ‘n ware inspirasie vir ons gemeenskap en ‘n bewys van die oorwinningskrag wat bereik kan word deur harde werk en vasberadenheid,” het Viljoen gesê.

 

 

Related Articles

Back to top button