Sport

Dorp troef Impala op tuisbodem

Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, sal hoop die manne, hou aan verbeter in hulle volgende wedstryd teen Welkom Rugbyklub wat hulle komende naweek in Welkom gaan speel.

Potch Dorp het die afgelope naweek, ‘n goeie oorwinning in die Vision sport Neserliga behaal.

Dit nadat hulle ‘n sterk Impala rugbyklub met 34 – 17 geklop het. Dit was ‘n belangrike wen vir die Potchefstromers om aan te hou bou vir die wedstryde wat nog voorlê.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Dorp, het hy hard met sy troepe in die week gepraat.

“Alhoewel ons die vorige wedstryd gewen het, het dit op plekke nie goed gelyk nie. Ons moes hard werk aan die hantering, ondersteuning en  opsies. Ons was baie beter teen Impala as teen Hurricanes,” het Stewart gesê.

Stewart sal hoop die manne, hou aan verbeter in hulle volgende wedstryd teen Welkom Rugbyklub wat hulle komende naweek in Welkom gaan speel. Veral in dié wedstryd sal hulle momentum wil bou vir die groot wedstryd teen Klerksdorp die naweek daarna.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button