NewsNews

Vier verkeers-beamptes in hegtenis

Vier verkeersbeamptes van Potchefstroom is Vrydag in hegtenis geneem in verband met beweerde omkopery en korrupsie.

Vier verkeersbeamptes van Potchefstroom is Vrydag in hegtenis geneem in verband met beweerde omkopery en korrupsie.
Volgens Simon Zwane van die Road Traffic Management Corporation (RTMC) is die verkeersmanne by hulle kantore deur die RTMC in hegtenis geneem in samewerking met die Valke.
Die beamptes het Vrydag in verband met bogenoemde klagtes in die hof verskyn.
“Dié arrestasies volg na anti-korrupsie lede van die RTMC maande se ondersoek ingestel het. Meer arrestasies word verwag,” het Zwane deur middel van ’n verklaring gesê.
Volgens hom is bedrog en korrupsie geïdentifiseer as faktore wat bydra tot ongelukke, sterftes en beserings.
Hy het lede van die publiek gemaan om enige korrupsie by 0861 400 800 aan te meld.
Alle oproepe sal anoniem hanteer word.
Munisipale woordvoerder, William Maphosa, het bevestig dat vier verkeersbeamptes in hegtenis geneem is.
Volgens hom respekteer die Tlokwe munisipaliteit die regsprosesse wat aan die gang is.
“Ons sal toelaat dat die reg sy gang gaan.”
Intussen gaan die munisipaliteit ook sy eie interne prosesse oor die saak loots,” het hy gesê. Die vier verdagtes, Mohale Mphuti (38), Godfrey Molefe (32), Peter Matlhoahela (36) en Sibusiso Rhertyane (36) is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Hulle moet weer op 17 Mei in die hof verskyn.

Related Articles

Back to top button