Local news

‘n Dag van eerstes op die rugbyveld vir laerskool-onnie

“Ek het met ‘n rugbybal gehardloop vandat ek 10 jaar oud was en saam met my boetie en nefie bal geslaan en geskop."

Met haar eerste aanraking van die rugbybal in haar eerste wedstryd het die Potchefstromer en Potchefstroom Dorp debutant, Chrisane Pruis (27) verlede maand haar eerste drie in ‘n vrouerugbywedstryd teen Impala gedruk.

Vir hierdie rugbyliefhebber was dit ‘n oomblik wat sy nie sal vergeet nie, om met die bal onder haar arm te hardloop en na die skeidsregter se fluitjie ‘n klomp spanmaats om haar te kry wat haar vreugde vier.

Chrisane Pruis (tweede van regs) vier haar eerste drie vir Potch Dorp.

Potch Dorp was so oortuigend dat hul met 111-0 hul teenstanders kafgedraf het. Potchefstroom Dorp Rugbyklub is al vir ‘n geruime tyd ‘n tuiste vir talle vrouerugbyspelers vanuit verskeie gemeenskappe en beroepe wat hulle talent en liefde vir die spel bewys.

Chrisane is ‘n laerskoolonderwyseres by President Pretorius, ma van twee kinders, afrigter en ‘n UNISA-student wat besluit het om rugby as haar sport van keuse te beoefen.

“Ek het met ‘n rugbybal gehardloop vandat ek 10 jaar oud was en saam met my boetie (Adriaan van der Merwe) en nefie (Jan Jansen van Vuuren) bal geslaan en geskop. Ek het nooit gedink dat ek eendag self in ‘n span sou speel nie,” vertel Chrisane opgewonde.

“Dit was ‘n groot hoogtepunt om daardie drie te druk,” noem sy verder. Volgens haar is rugby ‘n aantreklike proposisie vir vroue omrede dit hul fiks hou, daar ‘n omgee houding tussen spanmaats is en dit help om veerkrag en selfvertoue te bou.

“Veerkrag en selfvertroue is twee uiters belangrike eienskappe vir jong vrouespelers om te hê. Rugby help vroue om fisieke krag en geestelike krag te verkry, wat sy saam met haar in al die ander areas van hul lewe kan dra,” verduidelik sy.

Haar man, Marius, speel al drie jaar vir Potch Dorp Rugbyklub, en soms kompeteer hierdie paartjie teen mekaar met hulle wat vir verskillende provinsiale spanne skree.

“Ek is ‘n Cheetah en hy ‘n Blou Bul. Maar dit maak ons nie minder lief vir mekaar nie. Ons fokus is op God, ons huwelik, ons twee kinders en rugby.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button