Volksrock sanger Valiant Swart pak Loop St stampvol
Kaartjies vir Valiant Swart se optrede by Loopst het soos stroop geloop en was voor die tyd reeds uitverkoop.
Loop St was gisteraand, 30 Mei weereens tot oorlopens toe voel met Valiant Swart wat die gehoor met sy volks-rock musiek in vervoering gehad het.
Illimar Neitz, die ‘Kitaarkoning’ van Pretoria het saam Valiant Swart op die verhoog getokkel.
Die vertoning se kaartjies was in Loop St-styl reeds uitverkoop voor die aand begin het.
Valiant Swart se grootste aanhangers, Eben Uys en Leandri Weber, het hul teddiebeer genaamd ‘Valiant’ saamgebring om díe se naamgenoot te ontmoet. Leandri het Valiant-die-teddie gekry nadat Die Mystic Boer toegemaak het.
Loop St het twee spesiale viervoetige gaste gehad; Eddie Ueckermann se skaaphond, Mascam, en Freeframe se talentvolle span, Alto Pretorius en Babette Ludick se skaaphond Lulu. Die twee honde het stil-stil happies by gaste gebedel en vir baie glimlagte gesorg. Loop St se kat was natuurlik nêrens te sien nie
Na ‘n paar besoeke aan Loop St se musiekaande is die Herald dit eens dat Loop St se Riaan May nie mis wanneer dit kom by kunstenaars kies nie.