Sport

NWU trek met 14 man die wa deur die drif

Dit was 'n wedstryd van twee helftes met die Potchefstromers wat in die eerste helfte die toutjies getrek het.

Die NWU Arende het Maandagaand, met 14 spelers, ‘n  53-46 sege oor CUT in Bloemfontein behaal.

Dit was ‘n wedstryd van twee helftes met die Potchefstromers wat in die eerste helfte die toutjies getrek het. Alhoewel hulle van vroeg in die eerste helfte met 14 spelers moes klaar kom het dit nie die Arende se spoed gebreek nie. Hulle het vyf drieë in die eerste helfte gedruk om 37 – 12 teen halftyd voor te loop.

Die tweede helfte het gelyk of dit nog van dieselfde gaan wees, toe die Arende weer gaan druk het, maar toe skop die Ixias se veggees in. Die NWU het nie gaan rus nie en het op tye baie goed verdedig, maar die laaste tien minute het CUT in sesde rat ingegaan. Die manne van Bloemfontein het voor hulle tuisskare drie 9 punt drieë gaan druk. Helaas was dit te laat i ndie wedstryd om ‘n verskil aan die resultaat te maak.

Die Arende het met dié bonuspunt wen, na eerste op die punteleer geskuif en is nou verseker van ‘n plek in die halfeindstryd. Of dit ‘n tuis stryd sal wees is nog in die weegskaal aangesien daar slegs twee punte tussen die Arende en die volgende drie op die punteleer is. Ikeys, Maties en Shimlas lê almal op 23 punte. Met die NWU wat bo is met 25.

Die Arende se volgende wedstryd is ‘n tuisstryd teen UCT, wat sal bepaal of hulle tuis of weg in die halfeindstryd speel. Die wedstryd teen Ikeys skop om Maandag, 8 April om 19:00 op die Fanie du Toit sportgronde af. Dit kan regstreeks ook op Supersport gekyk word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button