Sport

Gimmies te sterk vir Die Anker

Gimmies was van die begin af in beheer van die wedstryd.

Gimmies het die afgelope naweek, 16 Maart, ‘n goeie oorwinning teen Die Anker behaal.

Die sterk, vlugvoetige provinsiale buitesenter, David Ndala, het twee drieë gedruk om vir Gimmies ‘n 12 -5 tuis wen in die NWU prestigereeks te verseker. Gimmies was eintlik van die begin af in beheer van die wedstryd. Hulle het in ide skrums en lynstane domineer wat hulle gevaarlike agterlyn op die voorvoet geplaas het. Ndala se eerste drie het van ‘n goeie skrum beweging gekom terwyl die tweede een in die tweede helfte ook by ‘n vaste faset begin het.

Die Anker het aanhou veg, maar Gimmies se begeesterde verdediging het die manne van Brakpan uitgehou. Eers in die doodsnikke van die wedstryd is Die Anker met ‘n drie beloon. Dit was helaas, te min, te laat. Alhoewel Gimmies baie positiewe uit die wedstryd kan vat, was hulle kort kort by die afbreekpunte gestraf. Dit is iets waarna Jacques Botes se troepe sal moet kyk voor hulle volgende NWU reeks wedstryd.

Gimmies reis na die skoolvakansie na Pietersburg vir hulle volgende wedstryd op 6 April. Alhoewel Pietersburg ook ‘n moeilike teenstander gaan wees, het die Potchefstromers bewys dat hulle nie terugstaan vir groter opponente nie.

Vir meer Rugby nuus:

Local Rugby Hub

 

Related Articles

Back to top button