Local news

Smit se honderdtal lei Potch Dorp na groot oorwinning

Smit, ‘n Oud-Volkie, het met 108 van 78 balle van die staanspoor af amok gemaak in ‘n beurt wat 8 viere en 6 sesse ingesluit het op die Witrand Oval op Sondag, 3 Maart.

Een van Potchefstroom Dorp Krieketklub se staatmakers, Van Zyl Smit, het met ‘n doelgerigte honderdtal, sy span na ‘n 154-lopie oorwinning teen CBC van Pretoria in die Klub Superligabeker geneem.

Smit se honderdtal sowel as ‘n goeie ondersteunende beurt van Divan Mienie (47 van 41 balle) was op die ou einde broodnodig in hulle groottotaal van 268 almal uit in 48.3 boulbeurte.

CBC word daarna vir slegs 114 in 26.1 boulbeurte uitgeknikker. Junior Mathe (4/37), Olefa Padi (2/14) en JP le Roux (2/46) het gesorg dat Potch Dorp se goeie kolfwerk nie verniet was nie.

Vir CBC maak Khulani Baloyi (41 van 34 balle) die hoogste telling. Hierdie is Potch Dorp se eerste oorwinning in hierdie kompeterende liga vanjaar.

Sodoende is hul nou in die vierde plek na vier wedstryde. Hul groep (Groep B) sluit in Tukkies, Kempton Park, Old Edwardians en CBC. In Groep A is Harlequins eerste, gevolg deur die NWU, Delfos CBC (Boksburg) en Wits.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button