Local news

Video: Duisende liters water word daagliks vermors in Meadowstraat

“Ek skat dat hier omtrent 1 kiloliter water per uur verlore gaan.”

Vir die afgelope drie maande vermors ‘n waterlek in Meadowstraat groot hoeveelhede
water wat net in die stormwaterdrein inloop.

Altus Snyman, ‘n inwoner van Meadowstraat, noem dat hierdie waterlek al telkemale gerapporteer is, maar dat die munisipaliteit nie die probleem herstel nie.
Die waterlek het ontstaan by sy buurman se erf met die water wat nou al langs die straat
afloop.

Die water vloei afwaarts in hierdie
stormwaterdrein in Meadowstraat.
Die water vloei aanhoudend.

“Ek skat dat hier omtrent 1 kiloliter water per uur verlore gaan,” noem hy.

Om dit in perspektief te stel is dit ongeveer 200, 5 liter bottels se water.

Snyman het ook al ‘n sloot gegrawe sodat die water na die pad herlei kan word en nie in die erf opdam nie.

*Die Herald het die J.B. Marks munisipaliteit vir kommentaar genader,
maar teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button