Local news

Volkies val vas teen Waterkloof in Finsbury A-liga finaal

Volkies het 'n kolf-ineenstorting beleef en dit was een van die groot redes vir hul nederlaag.

Volkies se eerste krieketspan moes weer die onderspit delf teen Hoërskool Waterkloof toe hulle Saterdag, 24 Februarie, die eindstryd van die Finsbury A-Liga met 6 paaltjies verloor het.

Louis van Wyk het sy goeie vorm met ‘n vyftigtal voortgesit. Foto: Esteé van Wyk.

Volkies het ondanks ‘n goeie begin van 57 vir die eerste vennootskap tot 151 almal uit gevou.

Louis van Wyk met 59 (59) was Volkies se top kolwer maar toe hy sy paaltjie op 103 verloor was die koeël deur die kerk.

Jaydon Blom (3/33), Marcus Bakker (2/15) en Wian Ruthven (2/24) was skitterend vir Waterkloof.

Ruthven (83 van 48 balle) sit vir Waterkloof in ‘n uitstekende posisie van die eerste bal af. In ‘n japtrap was Klofies op 99 na slegs 11 boulbeurte.

Olefa Padi neem twee paaltjies.

Na dit was dit gemaklik vir Kloof om die wenlopies in 21 beurte te slaan. Riley Miller sit die kersie op die koek met ‘n ses.

Volkies se beste bouler is Olefa Padi met  2/23.

Related Articles

Back to top button