Local news

Rugbydienaar en Luiperds legende oorlede

Fourie, of Oom Jan, soos meeste in Rugbykringe hom geken het, was tussen 2000 en 2003, President van die Luiperds Rugbyunie.

Die Luiperds se ere-president, Jan Fourie, is gisteroggend, 19 Februarie, op 80-jarige ouderdom oorlede.

Fourie, of Oom Jan, soos meeste in rugbykringe hom geken het, was tussen 2000 en 2003, President van die Luiperds Rugbyunie. In sy tyd as President is baie verbeteringe aan fasiliteite aangebring en die span se vertonings op die veld het baie verbeter. Hy het in 2003 voor die verkiesing uitgetree waarna James Stoffberg onbestrede verkies is.

Oom Jan is as die Luiperds se eerste Ere-President verkies. Van die veld af het hy rugby gedien en op die veld was hy self ‘n woelwater speler wat die Noord Vrystaat se eerste kaptein was, na hulle van die Vrystaat afgestig het.

“Oom Jan was ‘n dierbare vriend vir Rugby en die Luiperds. Ons kon altyd op sy knoppie druk om sy jare se ervaring met ons te deel as ons probleme gehad het. Ons gaan hom mis en wens sy gesin baie sterkte toe in die moeilike tyd,” het Eugene Fourie, hoof uitvoerende beampte (HUB) van die unie gesê.

Sy begrafnisreëlings is soos volg:  Maandag 26 Februarie, 11:00 by NG Kerk Grimbeeckpark, Potchefstroom.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button